Maag-mense

Ek dink nie ek word uitermate deur my emosies beheer nie. Ek dink ook nie ek is die kop-mens soos my sielkundige (ook in die volks

As die son skyn, word daar buite geëet. Piekniek nommer een van die afgelope naweek.

mond bekend as my ‘hippo’) my wil laat glo nie. Nee, ek dink ek val onder die 3de kategorie mense…maag-mense…(wat mens seker dan nou maar terugneem na kategorie 1, as jy een van die ou soort is wat die ‘pad na die hart’ aanhang)

Kos is my lewe. Letterlik. Ek skryf elke dag daaroor, en noem dit ‘n proefskrif. (ek lag nou wel nie meer vir daardie ‘appel ‘n dag’ grappies nie). Ek hoop (regtig!) om eendag ‘n lewe daarvan te maak. Daarom het ek gedink dis heel verdedigbaar dat ek dan nou een van my heel eerste inskrywings juis aan my eerste liefde wy. En, ek dink ook ‘n mens kan nogals baie van mense en hul kultuur sien en verstaan as jy dan nou oplet hoe presies hulle verhouding met hierdie lewensnoodsaaklike wondermiddels werk. En ek sal dit waag om te sê dat dit ook dui op die verhoudings wat hulle met mekaar het.

Die Belge hou van eet. En hulle het goeie kos. Baie. (op watter stukkies aarde hulle dit produseer, moet ek nog uitvind). Hulle sjokolade is so lekker soos ek gehoop het dit gaan wees. Hulle fyngebak so divers soos ek gedroom het. Hulle suiwelprodukte getuig van massas beeste wat nugter-alleen-weet-waar aangehou word. En die voedselpryse strook nie met die gemiddelde gewig van die man/vrou op straat nie. Kom ek verduidelik…

By die afslag supermark om die draai, kan jy ‘n liter melk koop vir omtrent R6. MAAR, dan kan jy ook ‘n liter sjokolademelk vir R5,40 koop. (wat meer is as die gemiddelde Steri Stumpi, het Rezel my so mooi herhinner). Vir R6 kan jy ‘n (ja, een) appel koop. Jy kan ook ‘n ordentlike, goeie sjokolade vir dieselfde prys kry. Vir 2x soveel kan jy 10 Belgiese sjokoladewafels koop. En dan is daar mense wat nog appels eet. (ek besef natuurlik ek is nie heeltemal objektief wanneer dit presies by hierdie vruggies kom nie). Belge is nie groot vleis eters nie. Alle proteïene word voorverpak in baie klein eenhede. So byvoorbeeld kan jy baie maklik ‘n enkele verpakte hoenderborsie (hier bekend as kip, ek begin-begin nou darem ophou lag daaroor) koop. En ek kan nie help om te wonder hoe jy by Pick’nPay gaan uitstap met ‘n halwe lam vir jou volgende braai nie, in individueel verpakte tjops…

Wat my by my volgende punt uitbring. Die Belge se verhouding met kos, is vir my bietjie soos hulle verhouding met mekaar: Versigtig, gerantsioneer, en hulle neem dit in klein dosisse. Hulle het die wonderlikste sjokolade, maar eet dit nie elke dag nie. Hulle hou op eet wanneer hulle versadig is. (En sal hulself nie vir die volgende paar uur ongemaklik eet, net om die gasvrou tog mooi te laat verstaan dat haar kos uit die boonste rakke was nie). Hulle gaan uit. Hulle kuier met vriende. Maar in klein hoeveelhede. Bietjie gedemp, soos die dikte van hul snye winkelbrood. Hulle eet nie lelik  of gaan oorboord met die poeding nie. Hulle skree ook nie kliphard oor die straat vir hulle vriende wat hulle lanklaas gesien het nie. Hulle hou nie groot etes by hulle huis nie. Hulle begin ook nie hartlike geselsies maak met wildvreemdelinge in die verbygaan nie. Hulle eet goed wat bymekaar pas. Maar hulle lag ook nie kliphard uit hulle beurt nie.

En hulle drink nie melk in hulle tee nie.

Maar ek hou van hulle. En hulle kos.

Advertisements

About anrezavdm

Ek is op hierdie stadium van my lewe steeds 'n student - en sal dit nie vir nou anders wil hê nie. Hierdie rooi kop van my is meestal ook maar 'n baie deurmekaar een, vol dinge wat ek nog wil doen, dinge wat ek bang is ek vergeet, dinge wat ek spyt is ek nie kan doen nie, maar...meestal met 'n stortvloed gedagtes waaruit ek probeer sin maak. Moet dus nie verwag om orde hier raak te lees nie. Ook nie mooi netjiese stories op 'n skinkbord nie. Wel...moet dus nie veel verwag nie, kyk maar net wat jy kry ;) (ek self sien uit om te sien wat dit gaan oplewer)
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Maag-mense

  1. Sanette Vermeulen says:

    Anna, ek sal R6 vir een van jou appels betaal! Al is dit een waaroor jy net geskryf het.

    Ek dink jy kan die Belge ‘n paar dinge leer van eet, gasvrou speel, geselsies maak en kuier.

    Een van die motiverings vir die rantsoenering (veral tov sjokolade) kan dalk ‘n oorlewingstrategie wees… hulle woon in klein huisies in ‘n klein beknopte land. Make da circle bigga!

  2. anrezavdm says:

    Sanetta, ek dink daardie oorlewingstrategie is raak-praat!
    Ladit juig*

  3. Piet says:

    “Bietjie gedemp, soos die dikte van hul snye winkelbrood.”

    That is very beautiful 😀

    I got a bit annoyed reading this, which probably means your observational skills are very good… I have some remarks anyway…

    For example, you should visit the village where I grew up! A lot of what you mention (Hulle hou op eet wanneer hulle versadig is, hulle eet nie lelik of gaan oorboord met die poeding nie, hulle skree ook nie kliphard oor die straat, hulle lag ook nie kliphard uit hulle beurt nie.) wouldn’t apply to most people here. Even in Ghent, but more so in the countryside. You’d have a laugh 🙂 But things change, or at least in the cities they do. In the villages it takes longer… I hope I can show them to you before you go back 🙂

    “Hulle begin ook nie hartlike geselsies maak met wildvreemdelinge in die verbygaan nie.”
    Oh yes, many foreigners are frustrated by this. Except the ones from Northern Europe, they think we’re very open because they are even worse… But it’s true, we’re friendly but closed, difficult to get in touch with, difficult to get close to. In person and in public. The further north you go in Europe, the less hartlike geselsies met wildvreemdelinge 🙂

    Of course it’s very different in my parent’s village… Where you know the people you meet in the street, marry the girl you were in class with and then build a house in the same street as your parents… And if you’re a foreigner in such a village, they’ll talk to you because they’re curious… 50 years ago most of Flanders was a village like that, and now such places are increasingly rare. When you’re in Ghent, everyone is a foreigner so nobody will talk to you.

    I think all of it is related to something, but I’m not quite sure what. Probably one of the diseases of ci-vi-li-za-tion… Everyone focuses on moving forward, and beautiful things are killed without anyone noticing. Social life is no longer something which occurs in the streets, it’s not related to proximity anymore. The neighbour is a stranger and the friends are far away – we meet them on facebook. And social life is organized, it needs to fit in the agenda. Monday volleyball, Tuesday Spanish class, Friday after-work party. No spontaneity, but very efficient time use :-/

    Oh well, it would be a long and complex discussion, but I don’t really disagree with you.

    Oh, and about groot etes by hulle huis, you should probably have a family here to get that. Maybe you’ll get an invite some day 😉

  4. Amori says:

    Ek besef ook elke dag hoe uniek Suid Afrikaners is. Die ergste is dat ek vir 23 jaar geglo het die hele wêreld is soos ons. Praat van naïef!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s