Author Archives: anrezavdm

About anrezavdm

Ek is op hierdie stadium van my lewe steeds 'n student - en sal dit nie vir nou anders wil hê nie. Hierdie rooi kop van my is meestal ook maar 'n baie deurmekaar een, vol dinge wat ek nog wil doen, dinge wat ek bang is ek vergeet, dinge wat ek spyt is ek nie kan doen nie, maar...meestal met 'n stortvloed gedagtes waaruit ek probeer sin maak. Moet dus nie verwag om orde hier raak te lees nie. Ook nie mooi netjiese stories op 'n skinkbord nie. Wel...moet dus nie veel verwag nie, kyk maar net wat jy kry ;) (ek self sien uit om te sien wat dit gaan oplewer)

Gaan dit in ander huise ook so?

Wil my ma redelik gereeld by ons weet. Nee, ek weet nie. Maar dat hierdie huishouding baie spesiaal is, daarvan is ek baie seker. Hierdie vraag word natuurlik meer gereeld tydens huisvergaderings gevra. Hierdie vergaderings het gewoonlik sy bestaan te … Continue reading

Posted in Uncategorized | 3 Comments

Ek is jammer, ek was verkeerd…

…toe ek onlangs (wat teen diè tyd soos ‘n ander leeftyd voel) foutiewelik berig het dat die Belge se verhouding met kos diskreet, gedemp en oppervlakkig is. En dat hulle nie groot etes by hulle huis hou nie. En dat … Continue reading

Posted in Uncategorized | 1 Comment

Nooiensvlug

Op ‘n grysgrou namiddag in Februarie het ek op Gent-Sint Pieters stasie gearriveer vir een van die grootste avonture nog. Sonder ‘n idee wat op my wag, maar met ‘n goeie kaart van die stad, baie opgewondenheid en nog meer … Continue reading

Posted in Uncategorized | 2 Comments

Ou vriende, nuwe memories en die Engelse Queen in Ierland.

Dis eers toe ek met klammerige oë vir Suzaan op Gent-Sint Pieters stasie omhels, dat ek agterkom dat ek die laaste paar treë na haar toe gehardloop het. Dit moes bietjie belaglik gelyk het, defnitief nie ‘n toneel wat homself … Continue reading

Posted in Uncategorized | Leave a comment

Die vier Van der Merwe vroue en die Spaanse polisie.

Dis vandag presies 3 maande sedert ek in Gent arriveer het. So ‘n week of wat gelede het ek die ongelooflike voorreg gehad om al die vroue in my gesin hier te ontvang. Natuurlik sou ons die vader van die … Continue reading

Posted in Uncategorized | 4 Comments

Maag-mense

Ek dink nie ek word uitermate deur my emosies beheer nie. Ek dink ook nie ek is die kop-mens soos my sielkundige (ook in die volks mond bekend as my ‘hippo’) my wil laat glo nie. Nee, ek dink ek … Continue reading

Posted in Uncategorized | 4 Comments

…2 maande later…

En nou, presies 2 maande nadat ek my voete aan Europese wal gesit het, het ek opnuut besluit om tog nie die ‘blog’ droom te laat vaar nie. Het ek nou eers tyd om te skryf? Nee, beslis nie. Dis  … Continue reading

Posted in Uncategorized | 3 Comments